Pous Benedictus XVI

Pous Benedictus XVI
Geboortenaam Joseph Alois Ratzinger
Pontifikaat begin 19 April 2005
Pontifikaat eindig 28 Februarie 2013
Voorganger Johannes Paulus II
Opvolger Franciskus
Gebore 16 April 1927
Marktl, Duitsland
Sterf 31 Desember 2022 (op 95)
Vatikaanstad
Ander pouse genaamd Benedictus
Pous Benedictus XVI se handtekening
Lande, wat Benedictus XVI besoek het

   Vatikaanstad en Italië

   3 of meer besoeke

   2 besoeke

   1 besoek

Pous Benedictus XVI (Latyns: Benedictus PP. XVI, Italiaans: Benedetto XVI; gebore as Joseph Alois Ratzinger in Marktl, Duitsland, op 16 April 1927; oorlede op 31 Desember 2022 in Vatikaanstad) was die 265ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk tussen 2005 en 2013. Hy is op 19 April 2005 verkies tydens die konklaaf van April 2005, wat gehou is na die dood van Pous Johannes Paulus II. Op 28 Februarie 2013 het pous Benedictus XVI geabdikeer. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde'. Hy was die eerste Duitse pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 455 jaar (naamlik sedert die pontifikaat van die Duits-Nederlandse pous Adrianus VI uit Utrecht in die Heilige Romeinse Ryk). Pous Benedictus XVI is op 13 Maart 2013 opgevolg deur Pous Franciskus.

Die Vatikaan het op 11 Februarie 2013 aangekondig dat pous Benedictus XVI op 28 Februarie 2013 sal bedank. Die vorige pous wat bedank het, was pous Gregorius XII in 1415.[1]

Benedictus XVI is op 31 Desember 2022 op 95 by sy woning in die Vatikaanstad oorlede.[2][3]

  1. (af) Pous Benedictus XVI bedank, Nuus24, besoek op 11 Februarie 2013.
  2. (en) "Farewell to Benedict XVI: 'Humble worker in vineyard of the Lord'". Vatican News. 31 Desember 2022. Besoek op 31 Desember 2022.
  3. (en) "Former Pope Benedict XVI dies at 95". BBC. 31 Desember 2022. Besoek op 31 Desember 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search